L M S Nuus ...
EG JANSEN REDENAARS
Twee van ons senior redenaars, Carmen Gröpp en Chezélle Stear, het Donderdag 15 Maart 2012 aan hierdie provinsiale kompetisie te Port Natal deelgeneem. Alhoewel dit hul eerste blootstelling aan enige eksterne kompetisie is, het hulle LMS puik verteenwoordig en algeheel ‘n tweede plek behaal. Ons is trots op hierdie leerlinge wat ‘n positiewe advertensie vir ons skool se kultuur-aktiwiteite is.
Baie dankie ook aan Mev. Eurika van Vuuren en Mev. Marie Swart vir hul hulp met afrigting, reëlings en ondersteuning.
NKZN RUGBY PROEWE-NAWEEK
‘n Baie suksesvolle Noord-KZN rugbyproewe is in Vryheid by Pionier Hoërskool aangebied. Daar was 16 spanne van al die skole in Noord-KZN teenwoordig wat almal drie wedstryde gedurende die naweek gespeel het. Lucas Meyer se eerstespan het met elke wedstryd baie goeie rugby gespeel en baie goeie vordering getoon. Hulle wen oortuigend teen Arborpark, Pongola en Egerton.
Opvoeding tot Koninkrykburgers en nuttige landsburgers






