Optional Info

Sidebar image descriptionAny information can be placed in the sidebar to help your website visitors navigate your site.

To make a boxed heading like the one above, simply apply the H3 tag.

To make a box like this, assign the "sidebarlt" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

To make a box like this, assign the "sidebardk" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

KOMMUNIKASIE

Oud-onderwysers onthou ...

Dit was heerlik om na staaltjies te luister wat oud-onderwysers te vertelle gehad het. Dit was veral interessant om te verneem hoe baie die skool se geboue deur die jare heen verander het. Die destydse saal was waar ons mediasentrum nou staan. Daar was tot 'n platform (glad nie sigbaar nou nie) asook 'n deur wat na agter uitgegaan het, sodat leerlinge hul kostuums kon aantrek (dit is nou toegebou).

Baie dankie aan
*Koek en Snuffelhoek (vir die koeke)
*Lietie le Roux (vir al die ysies)
*Cash & Carry (vir al die koeldrank)
*NTT Toyota (vir al die sjokolade)
*Dieter Oltmann (vir al die skyfies)

Het jy geweet? Die kantoor van ons hoof, mnr. Coetzee, was sy klaskamer toe hy as jong LMS'er by LMS skoolgegaan het.

Lucas Meyer Primêre Skool is 80 in 2010!

'n Jaar van feesvieringe by die skool het op 19 Februarie begin

Op hierdie spesiale dag het ons skool 80 jaar oud geword. Ons het hierdie geleentheid met oud-personeel en oud-leerlinge gevier. Baie spesiaal was die feit dat ons vorige skoolhoof, mnr. Francois le Roux en sy vrou, Rina, ons vanuit Bloemfontein kom besoek het. Mnr. le Roux was 20 jaar lank hoof by LMS (die langste wat enige hoof nog hier aan die stuur was).

Tydens die verrigtinge het ons hoofleiers, Brigitte Westermeyer en Riaan le Roux, die gaste hartlik welkom geheet. Mnr. Coetzee het ons teruggeneem na sy eie skooldae by LMS vanaf 1959. Hy was veral bly om 'n oud-onderwyser, mnr. Daan Jacobs, op die verhoog te kon sien. Mnr. Jacobs het nie vir mnr. Coetzee self klas gegee nie, maar was 'n onderwyser by die skool tydens mnr. Coetzee se laerskoolloopbaan.

Mnr. Francois le Roux het elke kind entoesiasties aan sy toespraak laat deelneem. Dit was wonderlik om te sien hoe die leerlinge sy woorde opslurp en met groot oë het hulle verneem van al die stoutighede wat die destydse onderwysers en kinders beplan en uitgevoer het.

Natuurlik moes daar kersies aangesteek word en mnr. Danie Opperman (beheerliggaamvoorsitter), mnr. Ferdie de Villiers en mnr. le Roux het hard probeer om al 80 kersies so vinnig moontlik aan te steek.

Na die verjaarsdag- en skoollied wat gesing is, het leerlinge die geleentheid gehad om 'n groot 80 op die grasperk voor die saal te vorm. Hierdie mooi foto sal vir ewig herhinner hoe spesiaal dit was om 80 jaar van LMS saam te kon vier.

Elke leerling het daarna 'n pakkie snoepgoed gekry met koeldranke, lekkergoed, skyfies en ysies om die partytjiedag te vier.

Ons het lekker verjaarsdag met almal gevier. Dit was definitief 'n dag om te onthou.

Maak gerus 'n draai op ons gallery-bladsy vir 'n strokiesfotoverhaal van die dag se verrigtinge.

Ons verjaar almal saam ...

Die kersies word aangesteek
Die koek se kersies word aangesteek. Tagtig kersies is nogal baie ....


Geselsies oor die ou dae
Oud-onderwysers mnr. Francois le Roux en mnr. Daan Jacobs gesels oor die ou dae saam met mnr. Peet Coetzee (huidige hoof).


Pionier wens ons geluk
Pionier Hoërskool wens ons geluk. Juf. Johanna Botha ontvang die mooi ruiker.

Riaan le Roux en sy grootouers
Ons huidige hoofseun, Riaan le Roux saam met sy grootouers. Sy ouma, mev. Tersia van der Linde, was 'n oud-onderwyser van LMS, en sy ma is tans ook onderwyseres by LMS. Miskien sien ons hom as hoof in die toekoms? Wie weet?