Optional Info

Sidebar image descriptionAny information can be placed in the sidebar to help your website visitors navigate your site.

To make a boxed heading like the one above, simply apply the H3 tag.

To make a box like this, assign the "sidebarlt" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

To make a box like this, assign the "sidebardk" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

KOMMUNIKASIE

Aansoekvorms vir u kind?

Besoek gerus ons "aflaai" afdeling en laai dan 'n aansoekvorm vir die skool af. Ons sekretaresse, mev. Christina Bender, ontvang dit met graagte.

LMS het in 1930 sy deure die eerste keer geopen. Toe was die skool bekend as "Lucas Meyer Government Infant School".

Eers in 1949 word daar die eerste keer na Lucas Meyer verwys. Toe was die skool bekend as "Lucas Meyer Staatskool".

Lucas Meyer Primêre Skool (LMS)

Lucas Meyer Primêre Skool, geleë in die pragtige omgewing van Noord-KwaZulu Natal het 'n trotse verlede. Hierdie jaar vier die skool sy 80ste bestaansjaar en wanneer jy deur die skoolgronde stap, sien jy waarom die skool so lank al deel van die omgewing is. Die skool se missie nl. om "Koningkryksburgers te maak" word in elke vlak van die skool uitgeleef.

Tans het LMS net so onder die 600 leerlinge, en gee onderrig vanaf graad RR tot by graad 7. Die onderwysers is almal toegewyde, professionele persone wat elke dag poog om die beste uit elke kind te haal. Die Christelike karakter van die skool baie belangrik vir elke onderwyser en leerling hier.

LMS se hoof, mnr. Peet Coetzee, is sedert 1994 aan die stuur. Hy was ook self 'n leerling by LMS en sy eie kantoor was op 'n stadium een van die klaskamers waarin hy self as seuntjie klas gehad het. As gevolg van sy liefde vir die omgewing en die kinders, het hy 'n goeie perspektief op al die sake in die skool.

LMS se sport- en kultuurlewe is baie belangrik. Die skool bied onderrig aan in rugby, netbal, hokkie, tennis, krieket, skyfskiet en swem. Daar is natuurlik altyd enkele leerlinge wat ook aan ander sportsoorte deelneem, en word ten volle deur LMS ondersteun.

Vir leerling wat meer in kultuur belangstel, bied LMS elke jaar 'n revue of 'n talentaand aan. Leerlinge kan ook in die skool musiekonderrig ontvang en is gereeld te sien wanneer daar formeel opgetree word.

Vir leerlinge wat vêr bly, is die koshuis tot beskikking. Vir meer inligting daaroor, maak gerus 'n draai op ons koshuisbladsy.

Werk en groei, LMS se leuse, kom elke dag tot uiting in die skool. Akademie is baie belangrik en gereeld word terugvoer gegee van oud-LMS'ers wat hul goed van hul taak kwyt, terwyl hulle in die skool is en ook later wanneer hulle formeel studeer aan universiteite, technikons en kolleges.

Skakel ons gerus indien u meer inligting wil bekom.