Optional Info

Sidebar image descriptionAny information can be placed in the sidebar to help your website visitors navigate your site.

To make a boxed heading like the one above, simply apply the H3 tag.

To make a box like this, assign the "sidebarlt" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

To make a box like this, assign the "sidebardk" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

KOMMUNIKASIE

LMS is trots op sy tuine

Onder die bekwame hand van juf. Anta Janse van Rensburg is die tuin in 'n lushof omskep. Hier by LMS poog ons om elke area van die skool aantreklik te maak, sodat elke leerling en onderwyser tuis in 'n mooi omgewing kan voel. Oral is klein lushoffies geskep. Groenigheid kan om elke draai gesien word.

Verlede jaar is die groot taak aangepak om ons krieketveld op te gradeer. Dit was 'n behoorlike gewoel en werkskaf op die veld met versterkings en beton wat gegiet is. Ons spog nou met 'n pragtige, groen krieketveld. Dankie aan almal wat hiermee gehelp het.

Volgende foto's ... die Mediasentrum se opgradering. Hou hierdie spasie dop!

LMS Fasiliteite

Ons Mediasentrum word opgradeer!

Juf. Tienie Meyer het aan die begin van 2010 die beheer oor die Mediasentrum oorgeneem. Onder haar bekwame hande is 'n reeks veranderinge aangebring.

Die grootste verandering was om die vensters aan die westekant weer oop te maak. Hierdie vensters is in 1980 toegemessel a.g.v. oormatige son wat die Mediasentrum ingestroom het. Die oopmaak van die vensters het 'n beduidende effek gehad op die hele atmosfeer in die Sentrum. Daar is nou meer lig en blinders sal binnekort voor die vensters hang vir die wintermaande wanneer die son skerp inskyn.

Verder is die Mediasentrum nuut geverf en kan leerlinge enige tyd kom skaak speel in die sentrum. Leeshoekies is geskep wat lees sommer nou 'n plesier maak. Die leerlinge in die skool gebruik die Mediasentrum intensief en Juf. Tienie Meyer beplan om voorlesings deel van die allerdaagse aktiwiteite te maak.

Vir meer informasie oor ons koshuisfasiliteite, kliek hier.

Ons Mediasentrum is 'n lushof vir kinders ...

In ons rekenaarlokaal kry leerlinge persoonlike aandag
Ons mediasentrum is netjies en kinders besoek dit gereeld elke dag

Besig om die krieketveld op te gradeer
Vensters is verlede jaar oopgebreek om vir 'n sonnige omgewing te sorg

Nuwe prente versier nou ons mediasentrum. 'n Vrolike boeke omgewing

Besig om die krieketveld op te gradeer
Boeke, boeke en nogmaals boeke. Dis wat ons LMS kinders geniet!


Rekenaars

Ons rekenaarsentrum maak voorsiening vir 'n leesprogram wat intensief deur elke leerling gebruik word. Met "Reading Rocket" poog LMS om te verseker dat elke leerling op en bo standaard kan lees. Die doel van die leeslaboratorium is om leerders se vermoë t.o.v. leesbegrip teen 'n bepaalde spoed, te kan verbeter. "Reading Rocket" werk veral op konsentrasievermoë en geheue. Lees word in Afrikaans en Engels gedoen en deeglik gekontroleer. Probleme met lees word makliker geïdentifiseer en kan dan na professionele persone verwys word.

Ons rekenaarlokaal ...

Ons tuine is 'n lus vir die oog!"

Juf. Annelie Smith -
Ons rekenaarjuffrou.


Voëltjies op die speelgrond
Die rekenaarlokaal is lekker groot!


Mooi sportvelde

Ons tuine is 'n lus vir die oog!
LMS se sportvelde wys hoekom LMS'ers trots is op hulle skool.


Voëltjies op die speelgrond
Die hokkie-, netbal- en rugbyvelde word goed onderhou.


Rugby word met oorgawe geoefen en gespeel.
Rugby word met oorgawe geoefen en gespeel.


Ons advertensiebord
Plaaslike ondernemings ondersteun ons dmv ons advertensiebord. Advertensiegeld is R600 per jaar - skakel gerus vir Lynette van Sign Centre vir meer inligting.


'n Goed toegeruste snoepie

Ons tuine is 'n lus vir die oog!
LMS se snoepie is goed toegerus met vars eetgoed daagliks.


Voëltjies op die speelgrond
Tot die voëltjies voel tuis by ons ...