Optional Info

Sidebar image descriptionAny information can be placed in the sidebar to help your website visitors navigate your site.

To make a boxed heading like the one above, simply apply the H3 tag.

To make a box like this, assign the "sidebarlt" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

To make a box like this, assign the "sidebardk" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

KOMMUNIKASIE

LMS is 80 in 2010

Ons is op soek na foto's, staaltjies en enige ander interessanthede oor Lucas Meyer se verlede. Indien jy dalk 'n storie het om te vertel, skryf gerus aan ons op ons Facebook bladsy "Lucas Meyer Primary School" of e-pos ons.

Het jy geweet? Ons huidige hoof, mnr. Peet Coetzee, was ook 'n leerling by Lucas Meyer. Een van die klaskamers waarin hy skoolgegaan het, is tans sy eie kantoor.

Lucas Meyer was nie altyd 'n Afrikaanse skool gewees nie. Dit het sy ontstaan gehad in die depressiejare en was toe bekend as "Vryheid Government Infant School".

Lucas Meyer se bestaan ...

Lucas Meyer Primêre Skool (LMS) is deel van die geskiedenis van Vryheid in KwaZulu Natal. Lucas Meyer, was die destydse president van "Nuwe Republiek", wat deur die destydse boeremagte van die Zulu's bekom is. Maar die skool het nie altyd as Lucas Meyer Primêre Skool bekend gestaan nie.

LMS se deure het vir die eerste keer op 28 Januarie 1930 geopen as "Vryheid Government Infant School." Die eerste skoolhoof was Mev. E.H. Müller en op hierdie skooldag het 214 leerlinge ingeskryf.

Gedurende 1947 verander die skool se status van 'n junior skool na: "Government Primary School - Vryheid". Op 24 Januarie 1949 verwys die naam vir die eerste keer na Lucas Meyer, nl. Lucas Meyer Staatskool.

As opvoedingsinrigting bou Lucas Meyer dus voort op 'n trotse verlede en word die gemeenskap van Vryheid gedien deur 'n inrigting met die ideaal om vanuit 'n Christelike perspektief alle sake aan te pak. Baie waarde word geheg aan die skool se Afrikaanse karakter, terwyl daar op 'n aktiewe wyse uitgereid word na skakeling met skole wat hoofsaaklik ander kultuurgroepe bedien.

Vir die afgelope paar jaar handhaaf die skool 'n leerlingtal wat wissel tussen 550 en 700 leerlinge.

Product 1

Mnr. Peet Coetzee (1994 tot nou)

Mnr. Peet Coetzee is die huidige hoof van Lucas Meyer.

Product 2

Mnr. F.S. le Roux (1974 tot 1993)

Mnr. F.S. le Roux was vir bykans 20 jaar die hoof van LMS. Hy het baie waarde geheg aan alle aspekte van kinderontwikkeling en was 'n aanwins vir die skool.

18 Januarie 1974 tot 31 Oktober 1993

Product 3

Mnr. W.S. Vosloo (1965 tot 1973)

Mnr. W.S. Vosloo was die hoof van LMS gedurende die laat sestigs en vroeg sewentigs.

20 Januarie 1965 tot 13 Desember 1973

Product 3

Mnr. J.A.S. Erasmus (1957-1964)

Vir agt jaar was Mnr. J.A.S. Erasmus skoolhoof by LMS gewees.

21 Januarie 1957 tot 12 Desember 1964

Product 3

Mnr. G.C.H. Jacobs (1954-1957)

Mnr. G.C.H. Jacobs was in die middel vyftigs die skoolhoof by LMS gewees.

3 Julie 1954 tot 19 Januarie 1957

Product 3

Mnr. H.C.J van Rensburg (1949-1954)

Mnr. H.C.J van Rensburg was getuie by die naamverandering van "Government Primary School - Vryheid" na "Lucas Meyer Staatskool".

20 Januarie 1949 tot 30 Junie 1954

Product 3

Mej. E.J. van der Spuy (1947-1948)

Mej. van der Spuy was die tweede vrou om skoolhoof te wees by Lucas Meyer. Sy het egter destyds skoolgegee vir die Lucas Meyer kinders toe die skool nog bekend gestaan het as "Government Primary School - Vryheid".

28 Januarie 1947 tot 13 Desember 1948

Product 3

Mej. C.S.F. Conradie (1940 tot 1946)

Die eerste skoolhoof van LMS was Mej. Conradie. Sy het destyds, toe die skool bekend gestaan het as "Vryheid Government Infant School". Sy het 214 leerlinge op die eerste dag ingeskryf.

6 Augustus 1940 tot 4 Oktober 1946