Interhuis atletiek
Die byeenkoms is gekenmerk deur entoesiastiese deelname van leerlinge en ‘n wonderlike ondersteuning van ons ouers. Natuurlik was dit ook die besoek van Karnallie se leerders en ons eie graad R leerlinge wat nog ‘n bietjie meer kleur aan die byeenkoms gegee het.
Baie dankie aan verskeie ouers en voormalige ouers wat as beamptes opgetree het. LMS waardeer elke persoon se aandeel.
Mnr Phillip Schutte het nie net as beampte opgetree nie, maar het ook aan die einde van die byeenkoms die toekennings oorhandig.
Baie geluk aan die volgende trofeewenners:
Jacques Lindeque - 100m S0/13; Victor Lodorum S0/13
Micheala Botha - 100m D0/13; Beste prestasie dogters hekkies; Victrix Lodorum D0/13
Jacques Odendaal - Beste prestasie seuns hekkies
Ryno Swanepoel - Junior Victor Lodorum
Milia Botha - Junior Victrix Lodorum
Die Koedoespan maak skoonskip vanjaar met die velditems, aflosse, sang en was ook die span wat algeheel gewen het. Baie geluk aan elke leerling wat deel geneem het.
SASA ATLETIEK
Die volgende atlete het op Saterdag, 11 Februarie aan ‘n SASA Streekbyeenkoms deelgeneem te Pionier Hoërskool en goeie rekenskap gegee:
Ryno Swanepoel, FP de Villiers, Milia Botha, Zandri Meyer, SW Craig, Arnau Bosch en Eckhardt Potgieter.
Hierdie leerlinge het in hul onderskeie items oorwegend eerste plekke verower met enkele tweede plekke. Micheala Botha (0/13) het outomaties gekwalifiseer vir die volgende rondte.
Baie dankie aan ons ouers wat as beamptes opgetree het.
OPE RUGBYGROEP: OEFENKAMP
Daar is die afgelope naweek te Matatane Wildplaas geoefen, gespeel en gees gevang. So tussen die kameelperde en rooibokke is daar stamina gebou en sien almal uit na die komende rugbyseisoen. Baie dankie aan Mnr. Cassie Smith vir die reëlings en belangstellende ouers wat kom kuier het.
LMS KALENDER
Woensdag, 15 Februarie - Atletiek te Piet Retief
Woensdag, 15 Februarie - Inligtingsessie: Leerlinge en personeel
Donderdag, 16 Februarie - Valentynsokkie
Sondag, 19 Februarie - LMS 82 jaar jonk
Opvoeding tot Koninkrykburgers en nuttige landsburgers






