Optional Info

Sidebar image descriptionAny information can be placed in the sidebar to help your website visitors navigate your site.

To make a boxed heading like the one above, simply apply the H3 tag.

To make a box like this, assign the "sidebarlt" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

To make a box like this, assign the "sidebardk" class.

You can do anything with a sidebar box. Insert images, ads or other web content.

Here's a text link.

KOMMUNIKASIE

Die koshuis as verblyfplek vir lede van die publiek ...

Indien jy 'n groep van 20 of meer wil huisves, kan LMS koshuis help. Laai gerus hierdie informasiebladsy af vir meer inligting ....

Kliek hier om af te laai.

Wat is Moo Poo?
Een maal 'n jaar het jy die geleentheid om 'n lootjie te koop vir 'n stukkie grond op die koshuisgronde. Die lootjie is vir 'n spesifieke stukkie grond wat noukeurig uitgelê word deur bekwame personeel. Indien die Moo ('n koei) besluit om jou lappie grond eerste hare te maak (d.m.v. - laat ons sê haar eie spesiale mengsel van mis), dan kan jy 'n groot prys wen!

Volgende keer ... wat vertel die koshuiskinders?

LMS Koshuis

'n Tuiste weg van die huis af ...

Lucas Meyer Koshuis is bekend vir sy toewyding aan leerlinge wat woonagtig buite Vryheid is. Hier kan elke leerling tuis voel. Dit kan egter nie gebeur sonder 'n hele klompie baie spesiale personeellede nie. Eerstens is daar die diensdoenende personeel en dan natuurlik die tannies van die kombuis wat sorg vir lekker maaltye.

Die getalle van ons inwoners het mooi gegroei die afgelope paar jaar en elke kwartaal word nuwe leerlinge verwelkom. Ons hoof, mnr. Peet Coetzee, is nou betrokke by die koshuis. Die skool se finansies word deur mev. Laetitia Schoeman hanteer.

Ons het baie pret by die koshuis as ons nie huiswerk doen nie en daar is heelwat aktiwiteite om die leerlinge besig te hou. Die hoogtepunt van die jaar is natuurlik die groot kersete wat ‘n formele gedoente is waar almal by kersvader ‘n ietsie kry en ‘n heerlike feesmaal geniet.

Gedurende die jaar word daar ook hard gewerk om die terrein en geboue in stand te hou. Daar word heelwat verbeteringe aangebring: buiteligte, bankies in portaal, vloere geteël, verfwerk binne en buite, sandput, nuwe matrasse en elekrtiese hek.

Hierdie verbeteringe en instandhouding is alleenlik moontlik deur die Moo-Poo Fondsinsameling. Dit is ‘n baie suksesvolle projek en ons sê dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Die wenner kan tot R10000 wen!

Voornemende inwoners is baie welkom om die koshuis te kom besoek en by Mnr. Smith te kom kuier vir meer inligting.

 

Ons kuier lekker in die koshuis

Leerlinge neem deel aan verskeie aktiwiteite
Leerlinge neem deel aan verskeie aktiwiteite. Soms is 'n bietjie balvang buite net genoeg om die huiswerkstres te bekamp.


Kamers is ruim
Kamers is ruim en gewoonlik word lewenslange vriendskappe hier gevestig.


Die haardroër hoekie
Die meisies het die voorreg om in die 'haardroër hoekie' hulle hare droog te maak.

Elke leerling het 'n studeerhoekie
Elke leerling het 'n studeertafel en 'n private plekkie wat sy/haar tuiste kan noem.