Ons Koor is welombekend as gevolg van gereelde toekennings wat deur die Koor gewen word. Onder die bekwame leiding van Juf. Carin Lombard, neem die Koor gereeld aan verskeie kompetisies deel. Tans word leerders gekies om deel te wees van die Seniorkoor vanaf Graad 3 tot 7.

Revue Koor

Elke twee jare sorg ons vir ‘n musiekblyspel of ‘n revue. Hier geniet die leerlinge om deel te word van ‘n ander wêreld - al is dit net tydelik!

Leerlinge van Graad 1 tot 7 kry ‘n geleentheid om deel te neem. Al is dit om ‘n uil te wees of selfs ‘n danser - daar is ‘n rol vir elkeen.

Redenaars

Jaarliks word leerlinge die geleentheid gebied om aan LMS se Redenaarskompetisie deel te neem. Daar word dan ‘n Junior en Senior Redenaarswenner aangewys.  





Terug Boontoe