Ons is trots op ons Embleme

Lucas Meyer Primêre Skool, geleë in die pragtige omgewing van Noord-KwaZulu Natal het 'n trotse verlede. Hierdie jaar vier die skool sy 80ste bestaansjaar en wanneer jy deur die skoolgronde stap, sien jy waarom die skool so lank al deel van die omgewing is. Die skool se missie nl. om "Koningkryksburgers te maak" word in elke vlak van die skool uitgeleef.

Tans het LMS net so onder die 600 leerlinge, en gee onderrig vanaf graad RR tot by Graad 7. Die onderwysers is almal toegewyde, professionele persone wat elke dag poog om die beste uit elke kind te haal. Die Christelike karakter van die skool baie belangrik vir elke onderwyser en leerling hier.

LMS se vorige hoof, mnr. Peet Coetzee was ook self 'n leerling by LMS en sy eie kantoor was op 'n stadium een van die klaskamers waarin hy self as seuntjie klas gehad het. As gevolg van sy liefde vir die omgewing en die kinders, het hy 'n goeie perspektief op al die sake in die skool.

LMS se sport- en kultuurlewe is baie belangrik. Die skool bied onderrig aan in rugby, netbal, hokkie, tennis, krieket, skyfskiet en swem. Daar is natuurlik altyd enkele leerlinge wat ook aan ander sportsoorte deelneem, en word ten volle deur LMS ondersteun.

Vir leerling wat meer in kultuur belangstel, bied LMS elke jaar 'n revue of 'n talentaand aan. Leerlinge kan ook in die skool musiekonderrig ontvang en is gereeld te sien wanneer daar formeel opgetree word.

Vir leerlinge wat vêr bly, is die koshuis tot beskikking. Vir meer inligting daaroor, maak gerus 'n draai op ons koshuisbladsy.

Werk en groei, LMS se leuse, kom elke dag tot uiting in die skool. Akademie is baie belangrik en gereeld word terugvoer gegee van oud-LMS'ers wat hul goed van hul taak kwyt, terwyl hulle in die skool is en ook later wanneer hulle formeel studeer aan universiteite, technikons en kolleges.

Skakel ons gerus indien u meer inligting wil bekom.


Wanneer mens na die kleure van LMS verwys, dan dink jy dadelik aan die oranje en groen. Dié kleure kom alles van die aalwyn af. Kyk gerus volgende keer wanneer 'n aalwyn weer blom. Die oranje blomme is absoluut pragtig en daarom het LMS besluit om hierdie kleure aan te neem.


Terug Boontoe