Skoollied
Waar die Vryheidensis aalwyn
en die Jakaranda bloei -
daar staan Lucas Meyer Skool,
waar kinders yw'rig werk en groei.
Trots omhoog hou ons die kleure -
die oranje, groen en swart.
Hierdie kleure van ons skool
dra ons met liefde in die hart.
2.
Swart die grond waarop ons bou,
die aalwyn groen gedrenk met dou
en die vlam van die oranje blomme
wat die saad omvou.
Groei kom van die Allerhoogste -
Hy wat ook ons werk laat bloei.
Trots en trou sal Lucas Meyer
aanhou glo en WERK en GROEI.
Vir 'n kopie van die bladmusiek, kliek hier.

